- Kliënte lê hulle dokument voor vir ‘n kwotasie
deur die vorm onder “Kwotasies” te voltooi of via e-pos.
Kliënte wat ‘n kwotasie aanvra moet hul onderneming se
naam en adres, die kontakpersoon, kontakbesonderhede (telefoon, faks
en e-pos), brontaal/-tale, teikentaal/-tale, woordtelling, tipe dokument
(d.w.s. tegnies, wetlik, medies,wetenskaplik) en sperdatum (tyd en
datum) verskaf. Neem asseblief kennis dat vertalers tussen 1500 tot
2500 woorde per dag kan hanteer, en proeflesers tussen 1500 en 2500
woorde per uur.
- Vita Brevis Language stuur ‘n kwotasie.
- Indien ‘n kliënt die kwotasie aanvaar, moet die kwotasie
geteken en na +27-21-889-6751 gefaks word.
- Sodra Vita Brevis Language ontvangs van die getekende kwotasie
erken het, word die dokument aan een van ons span professionele vertalers
toegeken.
- Wanneer die vertaling voltooi is, ondergaan dit ‘n kwaliteitstoets
voor dit per e-pos aan die kliënt besorg word.
|