Vita Brevis Language is 'n taalburo wat spesialiseer in die vertaling, proeflees, redigering en kopieskryf van al die vernaamste Europese, Afrika en Asiese tale. Met 'n span van meer as 300 beproefde vertalers en redigeerders met jare se ervaring in verskeie rigtings, lewer ons maatskappy met trots werk van professionele gehalte - teen billike tariewe. By Vita Brevis Language is u verseker van kwaliteit, vertroulikheid, snelle lewering en waarde vir geld.
Vertaling
Vita Brevis Language beskik oor vertalers wat spesialiseer in byna elke vakrigting, en ons span professionele vertalers kan in al u behoeftes voorsien, hetsy 'n webtuiste of 'n jaarverslag, 'n regsdokument of 'n wetenskaplike artikel. Streng kriteria word by die aanstel van vertalers gebruik ten einde te verseker dat elkeen van ons taalkundiges werk van hoogstaande gehalte lewer. Nie net is elke Vita Brevis Language vertaler 'n moedertaalspreker met verdere opleiding nie, maar al ons taalspesialiste beskik oor jare se ervaring in vertaling. Elke projek word slegs aan een vertaler toegeken ten einde te verseker dat die terminologie en styl van die vertaling eenvormig is. Gespesialiseerde vertalings word slegs aan geakkrediteerde taalkundiges met kundigheid in die betrokke vakrigting toegeken.
Proeflees
Vita Brevis Language lewer uitstekende proefleesdienste aan kliënte wat dokumente geproeflees wil hê voor dit uiteindelik gedruk word. Ons vaardige proeflesers sal verseker dat enige foute wat tydens die uitlegproses ingekruip het betyds gekorrigeer word.
Redigering
Vita Brevis Language bied uitsonderlike redigeerdienste aan kliënte met dokumente wat deur kundiges met spesialiskennis oor die betrokke onderwerp saamgestel is, maar wat nie noodwendig gesoute skrywers is nie. Ons redigeerders kan al u manuskripte grammatikaal en idiomaties versorg ten einde 'n professionele eindproduk te verseker.
Kopieskryf
Vita Brevis Language bied ook 'n kopieskryfdiens in uitgesoekte tale. Ons ervare kopieskrywers kan 'n gedetailleerde opdrag of 'n sketsmatig geskrewe kopie herskryf in die taal en styl wat die beste in kliënte se behoeftes voorsien.
Vertroulikheid
Vita Brevis Language verstaan dat sommige dokumente vertroulik van aard is en 'n vertroulikheidsooreenkoms kan geteken word, sou 'n kliënt dit vereis.